Rotundus is the complete holiday resort for the whole family..

Rotundus

Rotundus Oord is die oord waar elkeen homself kan wees en geniet, oud en jonk, daar is altyd iets om te doen. Die Oord is omtrent 15km vanaf Springs op Ermeloweg, (R29) en is in die middelpunt van Springs, Devon, Nigel en Delmas.

So Jy Is Weg Van Die Huis Maar Naby Die Huis

Fasiliteite Beskikbaar

  • 40 Braai Geriewe onder afdakke, groot koeltebome & grasperke
  • Speelpark vir die kinders
  • Swembaddens – 1 Groot Swembad met Waterglybaan en 1 Klein Swembad vir die kleiner kinders, ook met waterglybaan
  • Mini-Gholf Baan met 18 putjies wat elkeen moet probeer.
  • Treinritte – Ons eie Rotundus Express – ‘n treinrit op die Express doen n rondte deur die oord, dan om die dam, verby die karavaanpark, en terug stasie toe.
  • Kiosk – waar alle lekkers, roomyse en koeldranke te koop is
  • Kroeg – Bo 18 vir die groot dors.

Karavaanpark

Daar is 25 staanplekke met kragpunte, nog 25 sonder kragpunte, almal onder groot bome. Groot grasperke waar jy jou tent kan opslaan en jou kamp ervaring op die proef kan stel.

Chalets

Daar is 2, 4, en 6 persoon selfsorg eenhede.

Ontspanningsaal

Die saal is beskikbaar vir enige funksie of geleentheid. Troues word in geheel hier gereel. Trourokke word verhuur teen baie billike pryse. Ons doen die opmaak van tafels en saal soos verlang deur klient, en dan ook die spyseniering. Die Kapel kan ongeveer 200 persone huisves.

Troue Foto Gallery

Troue Foto Gallery